Super Sokkie Theme Cruise

Skop uit jou skoene en kom geniet die heel beste Afrikaanse kunstenaars op die grootste drywende dansbaan in die Indiese Oseaan! 


Met Kurt Darren, Jay, Juanita du Plessis, Gerhard Steyn, Juan Boucher en Die Campbells is jy gewaarborg van ‘n onvergeetlike bootreis wat slegs die Super Sokkie Cruise kan aanbied. 


Super Sokkie passasiers kry nie net toegang na al die Super Sokkie vertonings nie, maar ook geskenkpakkies ter waarde van R1200 wat die eksklusiewe 2019 Super Sokkie DVD asook geskenke van onder andere Gary Rom en Placecol insluit. 


Vertrek vanaf Durban na die Portugese Eiland… 


Vrydagmiddag: “Sailing Away Party” met MSC, kom ontmoet al die Super Sokkie kunstenaars! 

Vrydagaand: Super Sokkie uur in die dansklub, kom sokkie op lekker Afrikaanse musiek. (22h00 tot 23h00) 

Saterdagaand: Die Super Sokkie vertoning op die hoofdek! Partytjie tot na middernag terwyl jou gunstelinge in die Afrikaanse musiek bedryf hulle grootste treffers sing. Kom dans en sing saam met Loslappie, Rooi Rok Bokkie, Baby Tjoklits tot Ska Rumba en vele meer… (4 ure lange vertoning) 

Sondagmiddag: Eksklusief & Intiem. Toegang slegs vir Super Sokkie passasiers. Leer jou gunsteling kunstenaar beter ken met ‘n eksklusiewe musiek vertoning in die teater. Hierdie een kan jy nie misloop nie!


Wanneer jy bespreek maak seker jy kies die Super Sokkie skakel. Sien voorbeeld:


Pricing 2



Disclaimer: The activities and artists advertised are planned by the organisers and are in addition to the normal entertainment and activities provided by MSC Musica and MSC Cruises. The additional activities and artists planned by the organisers can change at any time without notice to the passenger. 

South Africa

Cruise Ship MSC Musica Cruise Itinerary Durban, Mozambique Departure Port Durban Duration 4 Days, 3 Nights
Select a departure date