#netMATRIEKS-bootreis 2018

Finesse se #netMATRIEKS-bootreis is elke matrikulant se droomvakansie! 


In Durban-hawe gaan almal aan boord van die luukse MSC Musica. Ons vaar dan na Pomene, ’n ongerepte eiland met kristalhelder water, vir ʼn dag van son, see en eilandpret. 


Terug op die skip is daar vyfster etes in die restaurante (kos is by die prys ingesluit), asemrowende kabaret vertonings in die teater en natuurlik ʼn borrelbad, swembaddens en put-put baan. Op die dek speel daar heeldag musiek en vir almal wat wil oefen – daar is selfs ʼn gimnasium op die skip! 


Maar die vermaak hou nie daar op nie! Eksklusief vir matrieks neem Finesse vir Bennie Fourie saam (komediant en akteur wat in Vuil Wasgoed te sien was) om ʼn stand-up comedy show te doen. Jo Black en Caroline Grace (van The Voice) sal ook sorg vir ʼn uithaler musiekvertoning. Verder is daar ʼn sokkie op die dek, ʼn lip sync kompetisie en hope geleentheid om saam met jou vriende te kuier. 


As jy deel is van die Finesse #netMATRIEKS groep kry jy ook ʼn spesiaal ontwerpte T-hemp en ander goodies in jou geskenksak. 


Die bootreis vind plaas vanaf Maandag 3 Desember tot Vrydag 7 Desember 2018. 


Bespreek direk by MSC - 011 807 5111 en onthou om te sê jy wil deel wees van Finesse se #netMATRIEKS-bootreis, wat aangebied word in samewerking met Akademia.


Wanneer u die bespreking maak, maak asseblief seker dat u die korrekte blad bevordering kies, sien foto hieronder 


Matric Pricing


Vrywaring: Geadverteerde aktiwiteite en kunstenaars word deur die organiseerders beplan en is bykomend tot die normale vermaaklikheid en aktiwiteite aangebied deur MSC Musica en MSC Cruises. Bykomende aktiwiteite en kunstenaars soos beplan deur die organiseerders kan te enige tyd verander sonder vooraf kennisgewing aan passasiers.

South Africa

Cruise Ship MSC Musica Cruise Itinerary South Africa, Mozambique Departure Port Durban Duration 3 Days, 4 Nights
Select a departure date