Die GROOT boot Theme Cruise

Dis GROOT(er)! 


Die #GROOTboot 2019 met Robbie Wessels en Appel na die Portugese Eilande vanaf 15-18 Februarie 2019 


Die GROOTboot is nog elke jaar ‘n kyk-mekaar-vir-‘n-slag-in-die-oë geleentheid en lewende-lywe belewenis van al jou GROOTste gunstelinge! 


In 2019 is alles egter net GROOT(er) op die GROOTboot! Die splinternuwe GROOT(er) Musica vertrek vanaf Durban op 15 Februarie 2019, met hope vertonings om jou geliefde se voete heel-naweek-onder-hom-of-haar-uit-te-slaan. Maak Valentyns 2019 die GROOT(er) een waaroor julle altyd sal praat. Kom deel jul liefde met die son en see na die Portugese Eilande, bring al jou mense, jou gees en jou sin vir humor, jou flou-gewerkte-lyf en plat-gedinkte-kop en vaar saam met GROOTfm 90.5 en die #GROOTontbyt in ‘n fisiese reis vanaf Durban na die Portugese eilande, maar ook ‘n lewensreis na GROOT(er) nuwe hoogtes en self GROOT(er) dieptes en impak! Kom wees jy die passie-sier wat almal se reis nóg GROOT(er) maak met ‘n “gaan GROOT of swem huis toe” gesindheid! Dis GROOT sports saam met hoe-het-ons-mekaar-dan-nou-eers-ontmoet-vriende wat sommer daar en dan deel word van jou GROOT(er) familie! 


Ons almal kort soms ‘n bietjie GROOT om dieper, hoër, nader en GROOT(er) te lééf! 


Kom maak ons almal se reis nóg GROOT(er). 


Bespreek vandag nog jou plek op die MSC Musica by 087 075 0850, en gebruik ‘GROOTfm’ as verwysing.


Wanneer u die bespreking maak, maak asseblief seker dat u die korrekte blad bevordering kies, sien foto hieronder


Grootboot price


Vrywaring: Geadverteerde aktiwiteite en kunstenaars word deur die organiseerders beplan en is bykomend tot die normale vermaaklikheid en aktiwiteite aangebied deur MSC Sinfonia en MSC Cruises. Bykomende aktiwiteite en kunstenaars soos beplan deur die organiseerders kan te enige tyd verander sonder vooraf kennisgewing aan passasiers.

South Africa

Cruise Ship MSC Musica Cruise Itinerary South Africa, Mozambique Departure Port Durban Duration 4 Days, 3 Nights
Select a departure date