Kunstefees 2018

RSG en Lefra Produksies se baie gewilde OPPIWATER KUNSTEFEES word vir die vyfde jaar op die MSC SINFONIA aangebied van 15-20 April 2018. Hierdie keer vaar ons vanaf Durban na Mosambiek toe en besoek Maputo, die Portugese Eilande en Pomene. Oppiwater is ‘n volwaardige kunstefees met meer as twintig van Afrikaans se topproduksies wat in verskeie lokale en teaters aangebied gaan word. Die ideale manier om ‘n Kunstefees by te woon! Gaan besoek gerus www.oppiwater.co.za of bespreek by 0860 11 44 11. Vir meer inligting, epos Lefra aan admin@lefra.com


Vir die vyfde jaar gaan ons Kunsskippie weer vaar en gaan ons feesgangers heerlik Fees hou van teater, toneel, komedie, sang, musiek en dans. Oppiwater is ‘n goedkoop manier om Fees te hou, want jou verblyf en al jou etes is reeds by jou prys ingesluit. Met jou vermaakfooi (ook reeds by jou totale fooi ingesluit) kan jy jou kaartjies vir al die vertonings bespreek teen ‘n gesubsidieerde prys vanaf R10 tot R90 per kaartjie. Kaartjies vir die verskillende produksie moet apart bespreek word by Computicket en is nie in jou fooi ingesluit nie. Die kaartjies is wel gesubsidieer. 


Vanjaar se Oppiwater Kunstefees spog met wonderlike produksies: 

• ‘n Gewigtige saak met Wynand (Karate Kallie) van Vollenstee 

• Anna Davel met Swinging Safari 

• BOO! met Chris Chameleon en Riaan van Rensburg 

• Chris Chameleon Solo 

• Christo Snyman 

• Tien Vingers met Coenie de Villiers 

• Die Wyn, Die Vrou, Die Lied met Johan Rademan, Christo Snyman en Hennie Retief van Van Loveren Wyne (Hierdie produksie sluit ook ‘n wonderlike wynproe deur Van Loveren in) 

• Sport Vasvra deur Ettienne Ludick 

• Flennie die Snare bring hulde aan Boerneef met Chris Chameleon, Anna Davel, Daniella Deysel, Johny Klein, Jaconell Mouton (Musikale Regisseur), Mauritz Lotz en Riaan van Rensburg 

• Gewilde Arias uit die Musiekblyspele met Rouel Beukes 

• Musical Landscapes met Jaconell Mouton en Mauritz Lotz 

• Kappityt met Fritz Klaaste – heerlike dekpartytjie en langarm dans met verskeie kunstenaars 

• Karaoke met Ettienne Ludick 

• Met Ander Woorde met Lizz Meiring

• My Man se Skelmpie se Skelmpie se Vrou – heerlike lekkerlag klug 

• Musieknoot Oppiboot met Lizz Meiring en Jaconell Mouton 

• Ontmoet die Kunstenaars 

• Ontbloot met Edrien Erasmus 

• Pieter Smith volg Afrikaanse Musiek se Ontwikkeling 

• Riaan van Rensburg Live 

• RSG Radiodrama met regisseur Johan Rademan 

• Voete van ‘n Gemsbok – Griekwapsalms 


Kaartjies vir die verskillende produksies moet in Suid-Afrika reeds by Computicket bespreek word by www.computicket.com of 0861 915 8000. Die volledige program verskyn by www.oppiwater.co.za Skakel gerus vir Lefra Produksies by (011) 815 3000 vir meer inligting. 


Vrywaring: Geadverteerde aktiwiteite en kunstenaars word deur die organiseerders beplan en is bykomend tot die normale vermaaklikheid en aktiwiteite aangebied deur MSC Sinfonia en MSC Cruises. Bykomende aktiwiteite en kunstenaars soos beplan deur die organiseerders kan te enige tyd verander sonder vooraf kennisgewing aan passasiers.

South Africa

Cruise Ship MSC Sinfonia Cruise Itinerary South Africa, Mozambique Departure Port Durban Duration 6 Days, 5 Nights
Select a departure date