Rock In AfrikaansTheme Cruise

This cruise is no longer available.


Die “Rock in Afrikaans” cruise is verseker enige rock musiekliefhebber se droomvakansie! Kuier, kuier en nogmaals kuier! 


In Durban-hawe gaan almal aan boord van die luukse MSC Musica. Vrydagmiddag is daar ‘n geleentheid om Francois van Coke, Jack Parow en Die Heuwels Fantasties te ontmoet en ‘n foto te neem terwyl die skip na ‘n ongerepte Mosambiekse eiland vaar met kristalhelder water, vir ʼn dag van swem, cocktails drink en baie lekker eiland vermaak! 


Op die skip is daar vyfster etes in die restaurante (kos is by die prys ingesluit), asemrowende kabaret vertonings in die teater en natuurlik ʼn borrelbad, swembaddens en put-put baan. Op die dek speel daar heeldag musiek en vir almal wat wil oefen – daar is selfs ʼn gimnasium op die skip! 


Saterdagaand 22h00 is daar ‘n groot tropical partytjie op die dek! Dan is daar ook die heel naweek deur orals vermaak in verskeie venues op die skip. Extravaganza shows, bingo, ens. Daar is selfs ‘ n casino op die skip! 


En dan......... Sondagmiddag 15h00 gaan jy die coolste rock konsert in ‘n 1200 seater ‘state of the art’ teater beleef met Francois van Coke, Jack Parow en Die Heuwels Fantasties! Dis die hoogepunt van die hele naweek! 


Die bootreis vind plaas vanaf 12-15 April 2019! Bespreek direk by MSC - 011 807 5111 en onthou om te sê jy wil deel wees van die ROCK IN AFRIKAANS cruise van 12-15 April! 


Wanneer jy jou bespreking maak, maak asseblief seker dat jy die korrekte opsie kies, naamlik ROCK IN AFRIKAANS.


Rock in Afrikaans Price


 

Vrywaring: Geadverteerde aktiwiteite en kunstenaars word deur die organiseerders beplan en is bykomend tot die normale vermaaklikheid en aktiwiteite aangebied deur MSC Musica en MSC Cruises. Bykomende aktiwiteite en kunstenaars soos beplan deur die organiseerders kan te enige tyd verander sonder vooraf kennisgewing aan passasiers.

South Africa

Cruise Ship MSC Musica Cruise Itinerary South Africa, Mozambique Departure Port Durban Duration 4 Days, 3 Nights
Select a departure date