Intiem Bootreis

Net soos ’n goeie wyn met ’n spesifieke kultivar in die wingerd van ’n wynboer begin, só het die Vader julle twee gekies om saam ’n unieke versnit te skep. Dit verg heelwat wetenskap, heelwat kuns en ’n magdom genade. 


Vanjaar se bootreis is ’n wynproe – op die water! Ons reis begin met PARSTYD, proe aan wyn en proe aan liefde, waarna julle dit eerstehands sal beleef! As die weer mooi is, kry ons Saterdag geleentheid om die dag op die Portugese Eiland deur te bring. Terug op die boot, hou ons OESFEES! Gedurende dié geleentheid sal ons die liefde in sy oorvloed vier met musiek deur een van ons land se voorste kunstenaars. Sondag is ons DANKFEES. Ons gaan vir die Here dankie sê vir ’n mooi oes; vir ons maats, vir ons kinders en vir die voorreg om die lewe lief te hê. Hier kan ons lof bring aan die Skepper. ’n Seënwens sal oor elke paartjie uitgespreek word . . . en dié paartjies wat wil, kan agterbly vir die laaste formele INTIEM-sessie op die boot – ons gebruiklike “Hernu jou troubelofte”-seremonie. Bring dus al julle vriende om die huwelik te kom vier. 


As dié jou heel eerste INTIEM-bootreis is, maak jouself gereed vir ’n spesiale en lekker kuier saam met jou maat. As ’n INTIEM-VIP kry jy eksklusief toegang tot sprekers en vertonings. Jy ontvang ook elke aand “INTIEM-kajuithuiswerk”, wat natuurlik net vir jou en jou maat in die privaatheid van jul eie kajuit bedoel is. 


En dan is daar natuurlik die hoogtepunt – ons troubelofte-seremonie, waartydens jy en jou maat die geleentheid kry om, as deel van ’n groepseremonie, jul troubeloftes te hernu (let wel, dit is opsioneel). 


Dit is ’n spesiale, unieke geleentheid van proe en geniet . . . ons hoop om dit saam met elkeen van julle te vier!


Wanneer u die bespreking maak, maak asseblief seker dat u die korrekte blad bevordering kies, sien foto hieronder


Intiem Pricing



Vrywaring: Geadverteerde aktiwiteite en kunstenaars word deur die organiseerders beplan en is bykomend tot die normale vermaaklikheid en aktiwiteite aangebied deur MSC Sinfonia en MSC Cruises. Bykomende aktiwiteite en kunstenaars soos beplan deur die organiseerders kan te enige tyd verander sonder vooraf kennisgewing aan passasiers.

South Africa

Cruise Ship Cruise Itinerary South Africa, Mozambique Departure Port Duration 4 Days, 3 Nights