#netGIRLS 2020: Die  Reünie

KOM SAAM!

Kom weg uit jou saai roetine en leef ’n slag soos ʼn koningin. Jy hoef nie beddens op te maak, kos te maak of skottelgoed te was nie. Al wat jy hoef te doen is terugsit en ontspan. Met vyf restaurante, luukse kajuite en ’n eiland wat op jou wag, is die lewe ʼn lied! 


Die musiekproduksie word spesiaal vir jou geskep en jy kan die glanspersoonlikhede aan boord ontmoet. Jy kan onder die sterre dans, smul aan egte Italiaanse roomys of sommer net op ʼn sonbed le en boeklees. Dis net wat jy en jou vriendinne nodig het. 


Vrydag 28 Februarie tot Maandag 2 Maart 2020 doen FINESSE dit vir die 10de keer! En hierdie keer is daar soveel meer om na uit te sien. Word geïnspireer deur Gretha Wiid en Lynette Beer. Kom lag saam met Dowwe Dolla en word meegesleur deur die musiek van Tarryn Lamb, Caroline Grace, Lindi Delport en Demi Lee Moore. Tim Theron gaan Kaptein FINESSE wees en toesien dat Die Reünie méér van alles bevat waarvoor ons bootreis so bekend is. 


Daar is weer ʼn propvol geskenksak wat jou eksklusiewe T-hemp insluit, aantrek temas en nog groter pryse vir die wenners. En wie weet ... dalk kan jy ʼn diamant wen met die skattejag op die skip. 


Bring almal wat al vorige jare saam met jou op die #netGIRLS-bootreis gekuier het, en kom vier 10 jaar saam met ons! 


Wanneer jy bespreek maak seker jy kies die FINESSE Cruise skakel. Sien voorbeeld: 



As jy MSC direk skakel noem asseblief dat jy deel wil wees van die FINESSE groep.


Finesse Pricing



Disclaimer: The activities and artists advertised are planned by the organisers and are in addition to the normal entertainment and activities provided by MSC Orchestra and MSC Cruises. The additional activities and artists planned by the organisers can change at any time without notice to the passenger.

South Africa

Cruise Ship MSC Orchestra Cruise Itinerary South Africa, Mozambique Departure Port Durban Duration 4 Days, 3 Nights
Select a departure date