Super Sokkie Kaapse Cruise

Skop uit jou skoene en kom geniet die heel beste Afrikaanse kunstenaars op die grootste drywende dansbaan in die Atlantiese Oseaan!

Met Kurt Darren, Juanita du Plessis, Ricus Nel en Die Campbells is jy gewaarborg van ‘n onvergeetlike bootreis wat slegs die Super Sokkie Kaapse Cruise kan aanbied.

Super Sokkie passasiers kry nie net toegang na al die Super Sokkie vertonings nie, maar ook geskenkpakkies met geskenkbewyse van onder andere Gary Rom en Placecol.

 

Vertrek vanaf Kaapstad na Walvisbaai…

Vrydag: “Sailing Away Party” met MSC, kom ontmoet al die Super Sokkie kunstenaars!

Vrydagaand: Super Sokkie Uur en Kurt se verjaarsdag partytjie in die dansklub, kom sokkie op die beste Afrikaanse musiek.

Saterdag: Eksklusief & Intiem. Leer jou gunsteling kunstenaar beter ken met ‘n eksklusiewe musiek vertoning in die teater. Hierdie een kan jy nie misloop nie!

Sondag: Geniet die dag in Walvisbaai.

Maandag: Dis lekker op Luderitz.

Maandagaand: Die Super Sokkie vertoning op die hoofdek! Partytjie tot na middernag terwyl jou gunstelinge in die Afrikaanse musiek bedryf hulle grootste treffers sing. Kom dans en sing saam met Kaptein, Bietjie Bietjie Lam, Hardekole, tot Ska Rumba en vele meer…

Dinsdag: Kies jou Liedjie. Super Sokkie kunstenaars lees jou boodskap en sing jou liedjiekeuse vir jou geliefde.

 

Bespreek nou om te kwalifiseer vir jou afslag. ‘n R3000 deposito is al wat dit kos om jou kajuit te bevestig. Die balans is slegs 75 dae voor die reis betaalbaar.