Super Sokkie Cruise 2021

5 Maart 2021

Skop uit jou skoene en kom geniet die heel beste Afrikaanse kunstenaars op die grootste drywende dansbaan in die Indiese Oseaan!

Vertrek vanaf Durban na die Portugese Eiland…

 

Vrydagmiddag: “Sailing Away Party” met MSC, kom ontmoet al die Super Sokkie kunstenaars!

Vrydagaand: Super Sokkie uur in die dansklub, kom sokkie op lekker Afrikaanse musiek. (22h00 tot 23h00)

Saterdagaand: Die Super Sokkie vertoning op die hoofdek! Partytjie tot na middernag terwyl jou gunstelinge in die Afrikaanse musiek bedryf hulle grootste treffers sing. 

Sondagmiddag: Eksklusief & Intiem. Toegang slegs vir Super Sokkie passasiers. Leer jou gunsteling kunstenaar beter ken met ‘n eksklusiewe musiek vertoning. Hierdie een kan jy nie misloop nie!

 

Bespreek nou om te kwalifiseer vir jou afslag. ‘n R3000 deposito is al wat dit kos om jou kajuit te bevestig. Die balans is slegs 75 dae voor die reis betaalbaar.