NETGIRLS 2024 | MSC Cruises

FINESSE & Epimax #NetGIRLS BOOTREIS 2024

#NetGIRLS 2024

KOM SAAM! JY VERDIEN DIT!

Kom weg uit jou saai roetine en leef ’n slag soos ʼn koningin. Jy hoef nie beddens op te maak, kos te maak of skottelgoed te was nie. Al wat jy hoef te doen is terugsit en ontspan. Met vyf restaurante, luukse kajuite en ’n asemrowende eiland met ʼn kristalhelder see wat op jou wag, is die lewe ʼn lied! 

 

Die musiekproduksie, aktiwiteite & vertonings word spesiaal vir jou geskep en jy kan die glanspersoonlikhede aan boord ontmoet. Jy kan onder die sterre dans, smul aan egte Italiaanse roomys of sommer net op ʼn sonbed lê en boeklees. Dis net wat jy en jou vriendinne nodig het. 

 

Die MSC Splendida, se swembaddens, luukse teater en ruim kajuite, sal jou asem wegslaan. Kies tussen die gewilde selfbedienbuffet en pizzeria, of bederf jouself met ’n deftige á la carte-ete by die gesogte Italiaanse seekos-en steak restaurant. Daar is iets vir almal – dag of nag. Die lys is lank: minigholf, tennis, basketbal, vlugbal, virtuele speletjies, ’n belastingvrye inkopiesentrum*, gimnasium, ’n stap-baan en ’n luukse gesondheidspa*.

 

Bring almal wat al vorige jare saam met jou op die #NetGIRLS-bootreis gekuier het, en kom geniet die bootreis saam met ons! 

Lag, sing en dans saam! Daar is soveel om na uit te sien!

 

Maak seker jy bespreek vroegtydig, want anders gaan jy dalk nie plek kry nie.

 

 

*Aankope by die belastingvrye winkel en die spa, ekskursies op die eiland, en alle drankies op die skip is uitgesluit by die prys.

 

Disclaimer: The activities and artists advertised are planned by the organisers and are in addition to the normal entertainment and activities provided by MSC Splendida and MSC Cruises. The additional activities and artists planned by the organisers can change at any time without notice to the passenger.