Finesse Netgirls Bootreis

#netGIRLS 2021: Comedy & Country

KOM SAAM!

Kom weg uit jou saai roetine en leef ’n slag soos ʼn koningin. Jy hoef nie beddens op te maak, kos te maak of skottelgoed te was nie. Al wat jy hoef te doen is terugsit en ontspan. Met vyf restaurante, luukse kajuite en ’n eiland wat op jou wag, is die lewe ʼn lied! 

 

Die musiekproduksie, aktiwiteite & vertonings word spesiaal vir jou geskep en jy kan die glanspersoonlikhede aan boord ontmoet. Jy kan onder die sterre dans, smul aan egte Italiaanse roomys of sommer net op ʼn sonbed le en boeklees. Dis net wat jy en jou vriendinne nodig het. 

 

Vrydag 12 Maart tot Maandag 15 Maart 2021 doen FINESSE dit vir die 11de keer!

Lag, sing en dans saam! Daar is soveel om na uit te sien!

 

Daar is weer ʼn propvol geskenksak wat jou eksklusiewe T-hemp insluit, aantrek temas en nog groter pryse vir die wenners.

 

Bring almal wat al vorige jare saam met jou op die #netGIRLS-bootreis gekuier het, en kom geniet die Comedy & Country bootreis saam met ons! 

 

Disclaimer: The activities and artists advertised are planned by the organisers and are in addition to the normal entertainment and activities provided by MSC Orchestra and MSC Cruises. The additional activities and artists planned by the organisers can change at any time without notice to the passenger.